CHERRY TIME 2016-SEISOEN

Meer as 1300 kersieliefhebbers het saam met Cherry Time die feesseisoen afgeskop! Almal was op die uitkyk vir die nuwe Cherry Time webblad en was slaggereed op die 1ste November, om hul eerste aankope te doen. Binne 24 uur was daar 63 Cherry Time kissies verkoop.  

Die kersieseisoen was propvol opwinding met verskeie interessante inisiatiewe wat werk-lik die ‘Cherry Timers’ se smaakkliere geprikkel het! Cherry Time het saam met ’n verskeidenheid innoverende besighede gewerk, om die Cherry Time beeld te bevorder en te versprei! Arno Marais, Landgoedbestuurder by Nooitgedacht, het op 4 November die voorreg gehad om die seisoen op RSG saam met Martelize Brink en Johan Rademan af te skop. Die onderhoud het gefokus op kersie-verbouing en die geskiedenis daarvan.  
Arno vertel meer van sy ervaring. 

 

Dit was die eerste keer wat ek in die SAUK-gebou in Seepunt was. Wat ‘n ervaring! Ons onderhoud was geskeduleer vir 10:10vm. Ek het reeds om 8:15 in die stadsverkeer vasgeval, en was redelik benoud dat ek laat sou wees. Gelukkig was ek darem goed betyds, maar toe het die verrassing vir my gewag. Ek moes buite die ateljee wag, en het vir 20 minute met die regisseur gesels. Hy is ‘n boereseun van Riebeek-Wes en ons het lekker gesels oor boerdery in die algemeen, maar die woord “kersie” was min gebruik. Ek het verwag die omroepers sou vir my inlig waaroor hulle wou praat en my so ‘n bietjie voorberei op die gesprek. Helaas! Die eerste woorde wat ek met die twee omroepers gepraat het, was “Hi Arno, welkom in ons ateljee. Jy kan sommer op daardie stoel sit en lekker in die mikrofoon praat.  Ons begin in 5,4,3…”   

Dit was ‘n wonderlike lewenservaring om, dit waarvoor ons ‘n passie het, kersie-verbouing, met 2.5 miljoen mense te deel. Ek het besef hoe bevoorreg ons is om met hierdie wonderlike produk te kan werk. Daar is ‘n opgewondenheid wanneer mense oor kersies praat, en mense bewonder die vrug.  

Graag deel ek ‘n klompie interessante feite oor kersies. 

Oorsprong

  • Die naam kersie, cerise (Frans), cherry ens kom van die Latynse naam Cerasum wat ‘n streek in Noord-Turkye was. Vandag is die stad Giresum in daardie streek. Bome is glo hiervandaan na Euro-pa geneem, en in hierdie streek het die produksie van kersies ontstaan.
  • Soetkersies (Prunus Avium)  kom van die streek tussen Kaspiese- en Swartsee. Kersies groei ook wild in aangrensende dele van Klein-Asië en so ver oos as Noord-Indië. Wilde bome in Europa is waarskynlik deur voëls versprei.
  •  Japanese cherry blossom is deel van die Prunus- familie en kom oorspronklik vanaf die Himalajas, maar produseer nie eetbare vrugte nie.

​​Geskiedenis

  • Kersies dateer uit die vroegste tye, en die gebruik daarvan sover terug as 3000 VC.
  • Die eerste bome kom saam met Jan van Rie-beeck na die Kaap, maar het gou tot niet gegaan.
  • In 1890 is die eerste klein kersieboord in SA ge-plant op die bo-punt van Gydopas, noord van Ceres.
  • Die eerste kommersiële aanplanting is in 1904 in Clocolan-distrik geplant.
  • Die eerste kwekery-boompies in Suid-Afrika kom van ingevoerde saad uit Frankryk.
  • Gedurende 1939 was die plaas Gydo (vandag Nooitgedacht) in die Koue Bokkeveld volgens die SA Fruit Exporters Directory “The largest Grower and Packer of cherries in the Union”.
  • Gedurende die 1947-besoek van Engeland se koninklike familie, het Willie van der Merwe van Gydo kersies aan die familie geskenk en ‘n mooi bedankingsbrief daarvoor ontvang wat nog steeds in ons besit is.
  • Heelwat boorde is die laaste klompie jare in Ceres-distrik aangeplant.

Huidige Situasie

  • Daar is tans sowat 230ha kersies-aangeplant in Suid-Afrika.
  • 52% van die aanplantings is tans in die Wes-Kaap, hoofsaaklik in Ceres- en Worcester- omgewing, 38% van die aanplantings in die Vrystaat, en die res word hoofsaaklik verbou in Noord-Wes en in Mpumalanga.
  • Ongeveer 80% van Suid-Afrika se volume kom vanaf die Wes-Kaap.
  •  Ongeveer 65% van die vrugte word lokaal in ket-tingwinkels en op die munisipale mark verkoop. Ongeveer 30% word uitgevoer en die res word verwerk.
  • Uitvoer is hoofsaaklik na die Verenigde Koninkryk
  • Wêreldproduksie is ongeveer 2.5m ton met Turkye die grootste op ongeveer 500 000 ton kersies per jaar.
  • In die suidelike halfrond is Chile die grootste met 150 000 ton.
  • Grootste invoerland is China.

Verbouing

  • Kersie-verbouing is bitter moeilik en ‘n hoë risiko produk.
  • Tradisionele  kultivars  word in koue wêrelddele geteel en vereis baie koue winters met meer as 800 ure onder 7.2˚C.
  • Dit beteken dat bitter min plekke in SA geskik was vir verbouing.
  • Nuwe oorsese teelprogramme in warmer areas fokus op kultivars wat minder koue benodig.
  • Die invoer en seleksie van goeie kultivars wat goed aangepas is, neem baie jare en kos baie geld. Ons by Dutoit Agri werk al 17 jaar aan lae kouebehoefte kultivars en is goed op pad.
  • Kersies soek goed gedreineerde gronde, koue win-ters en warm droë somers.
  • Drag is baie wispelturig. Bestuiwing is ’n bitter groot probleem in swak weer.
  • Van die grootste probleme met kersies is bars-gevoeligheid voor oes weens reën - verkies dus nie somerreën nie.
  • Voëls is ook ‘n groot probleem en kan baie skade aanrig.
  • Baie min chemie word op kersies gebruik omdat dit so vroeg is.
  • Kersies is baie arbeidsintensief om te oes - gebruik soveel as 400 werkers op ‘n landgoed  om te oes.
  • Vrugte word binne 2 ure na pluk tot 8˚C deur water-verkoelers verkoel.
  • Die koueketting word nooit weer gebreek nie, en die kersies word met koeltrokke vervoer.
  • Die verpakkingsisteem vereis baie kapitaal om kersies vars en sonder beseringsvriendelik verpak te kry. Die Cherry Time Zip-sakkie is ‘n goeie voor-beeld. Dit pas perfek tussen motorsitplekke in vir gesonde versnapering op die langpad of tussen afsprake.
  • Ons oesseisoen duur vanaf middel Oktober tot einde Desember, maar kersies kan tot einde Januarie bemark word.

Ons beskerm die kersies 
Een van die grootste risiko’s met kersieverbouing, is reën tydens die rypwordingproses. Kersies groei die laaste paar dae voor hulle plukgereed is, geweldig vinnig. Wanneer dit reën, neem die kersies water op wat die skil versamel, deur die skil op. Die vrugte “groei” dan vinniger as wat die skil kan rek, met die gevolg dat die skil oopbars. ‘n Volgende pro-bleem is dat vrugte wat teenmekaar hang, watervlekke kry en hierdie vrugte is ook nie geskik om te bemark nie.  

Geweldige skade kan deur reën aangerig word. Ons het ‘n paar dinge wat ons doen om die impak van die reënskade te verminder, waarvan die verwydering van reëndruppels uit die boom een is. 

Tydens die reën ry ons deur die boorde met die spuitpompe se waaiers aan om die water af te blaas. Dit werk, maar is nie so effektief nie. Die beste metode is om die bome met helikopters droog te blaas, maar dit kan net gedoen word as  dit lig is en ophou reën. Dit is egter baie effektief.  

Die helikopter vlieg baie laag oor die bome, en waai dan die bome droog. Dit is ‘n baie gevaarlike werk, want die kersieboorde het nette of net kabels oor. Die vlieëniers wat ons gebruik, is baie goed opgelei en het baie jare se ondervinding. Om kersies vars by kliënte te kry, is nie maklik nie. Baie dinge moet reg gedoen word en baie sorg word aan hantering gegee. Ons is trots om te weet dat ons alles doen wat ons kan om die produk se kwaliteit te verseker.                

Cherry Time Inisiatiewe

Honest Chocolate 
‘Check out our ✨limited edition✨ dark chocolate cher-ries in collaboration with Cherry Time! Available at the Cafe today, tomorrow and Sunday (while stocks last)’ #FestiveFriday #ChocolateCafe #CapeTown  

Cherry Time Afsetpunte 
PJ George het met baie entoesiasme al 8 Cherry Time afsetpunte gedurende die seisoen gediens.    

Laerskool Koue Bokkeveld 
Die Graad-R klas van Laerskool Koue Bokkeveld het kom kersies pluk en proe op Kromfontein. Volgens die foto's dra Cherry Time verseker hul goedkeuring weg!   

Charly's Bakery 
‘We've got some super exciting news for all you #cherrylovers out there. We've teamed up with @sweetcherrytime to bring you this #droolicious recipe. Each slice is guaranteed to have #fresh, #juicy cherries nestled in our creamy, dreamy cheesecake filling, the whole cake is then topped with white genache.  

Slippery Spoon 
‘In collaboration with Cherry Time we thought we would share one of our favourite recipes with you. Cheesy Welsh Rarebit Baguette Slices with Cherry and Red Onion Pickle. Made with the most delicious sweetest Cherry Time cherries.’  

Slippery Spoon 
'Its Cherry Time! We created this lovely festive recipe for Cherry Time Rare Roast Fillet with a Brandy and Cherry Butter. #anytimeischerrytime#slipperyspoonkitchen'

Vir meer foto’s en heerlike resepte besoek die Cherry Time Facebook Blad.