SPLASH OF PINK: PAUL RENÉ BUBBLY FESTIVAL

Reis na die beeldskone Robertson tydens lentetyd om die tuiste van Paul René te ontdek by die Wonderfontein Wynlandgoed. Hierdie is die ideale geleentheid om saam met vriende en familie die hart en siel van die handgemaakte Paul René Brut en Brut Rosé ervaar. Daar sal ook jenewer-drankies en kersies van dié fees se vennote, Clemengold Gin en Cherry Time, te proe wees.
Feesgangers sal ontvang word met luukse landelike gasvryheid en vonkelwyn sal te koop wees teen afslagpryse. Vir kosliefhebbers is daar heerlike Saldanabaai-oesters, Noorweegse salm en ander gourmet-happies wat regdeur die dag te koop aangebied sal word.

Vir die volledige artikel klik hier